VARKFEES 2020 WORD UITGESTEL NA 2021...

A.g.v Covid 19 sal daar nie 2020 Varkfees wees nie, maar wel op 3 en 4 September 2021..

VARKFEES 2020

Die Varkfees beloof om net soos vorige jare 'n fees te wees wat almal kan geniet! Hope pret en plesier vir almal - Jonk en Oud! Heidelberg is die perfekte dorp vir ‘n fees soos hierdie.

Die natuurskoon van die Suikerbosrand, argitektuur en atmosfeer van die ou geboue en vriendelikheid van die inwoners,maak dit ‘n bestemming wat stadsjapies en nabye bure inspireer.

Die uitgebreide feesprogram maak dit ‘n moet vir die hele gesin – bespreek gerus vir die naweek by een van ons gastehuise of omliggende oorde om seker te maak dat u niks misloop nie.

Aktiwiteite soos helikopter ritte, ‘n pretpark vir die kinders, fietsry wedloop en vele meer gaan vir die kinders aangebied word.

Die verskeidenheid kunstenaars wat gaan optree en stalletjies met kuns en ander interessanthede, gaan verseker dat u nie ‘n oomblik verveeld kan raak nie. Die heerlikste kos en vleisgeregte word deur Eskort aangebied asook ‘n verskeidenheid ander eet en drinkgoed sal te koop wees.Besoek gerus die kuiertent wanneer u ‘n ruskansie nodig het.